
=====================================================================
1 - Inleiding: Omgewing en Heropbou
=====================================================================


1
INLEIDING: OMGEWING
EN HEROPBOU

"Omgewingskwessies kan Suid-Afrikaners oor Passe, politiese en ekonomiese skeidslyne heen, verenig. Benewens die krisis in opvoeding, behuising, werkverskaffing en verskeie ander probleme, sal die nuwe demokrasie apartheid se omgewingsnalatenskap erf... dit is baie keer arm gemeenskappe wat die slagoffers van die regering se swak omgewingsbeleid is."


Nelson Mandela, 15 Augustus 1993.


Hoekom is omgewingsbeleid belangrik vir ontwikkeling*?

Toe die nuwe, demokratiese regering in April 1994 verkies is, het dit 'n land oorgeneem met 'n omgewing wat deur apartheid beskadig is. Die nuwe regering moet die skade aan die grond, lug, water en mense, herstel. Maar dit moet ook die Heropbou en Ontwikkelingsprogram (HOP) in werking stel, sonder om meer skade aan die omgewing aan te rig. Dit gaan nie maklik wees nie.


Ons omgewing voorsien ons van natuurlike hulpbronne. Dit absorbeer ons afval. As ons nie ons omgewing beskerm nie, sal daar nie ekonomiese groei plaasvind nie. As ons nie ons omgewing beskerm nie, sal die mense van Suid-Afrika ly. Arm mense sal die meeste ly.


Tydens apartheid was die natuurlike bronne oneweredig verdeel tussen die mense. Swart mense was nie toegelaat om die gebruik van die natuurlike bronne om hulle te beheer nie. Die wit minderheid het baie grond, water en ander natuurlike hulpbronne gehad. Die apartheidsregering het nie probeer om die natuurlike hulpbronne of die gesondheid van die mense te beskerm nie. Dit kan gesien word in die tuislande, waar die land beskadig is deurdat te veel mense op te min grond gebly het. Dit kan ook waargeneem word in die besoedeling van riviere langs suikerplantasies. En in die lugbesoedeling by gemeenskappe soos Merebank.


Ons kan nie die HOP laat slaag of die lewensgehalte van arm mense in Suid-Afrika verbeter, tensy ons die omgewing beskerm nie. Alle optredes van die regering moet die omgewing in ag neem. Byvoorbeeld:


Werksgeleenthede:

Alle werksgeleenthede is afhanklik van natuurlike bronne. Om genoeg voedsel te produseer moet ons ons grond en water beter benut.


Mynbou,plantasies en suikerriet het baie water nodig. lndien ons ons natuurlike bronne behoorlik benut, kan ons nuwe werksgeleenthede skep. Nuwe werksgeleenthede kan geskep word in toerisme, en deur afval te hersirkuleer.


Vroueregte: Vroue sorg vir hul families se gesondheid. In plattelandse gebiede loop vroue lang afstande en dra swaar vragte om hout en water te kry. As die omgewing beskadig of ongesond is, moet arm vroue harder werk om hul gesinne te versorg. 'n Gesonde omgewing beteken groter gelykheid vir vroue.


Behuising: Die verskaffing van behuising is 'n baie belangrike taak vir die nuwe regering. Maar ons moet huise bou wat nie die omgewing sal beskadig nie. Ons moet byvoorbeeld nie huise bou op vrugbare grond, wat gebruik kan word om voedsel te verbou nie. Huise moet so gebou word dat dit in die winter warm bly. Dit sal beteken dat mense nie soveel steenkool hoef te verbrand om warm te bly nie. Niemand behoort naby vuil nywerhede en ongesonde afvalhope te bly nie.


Gesondheid en Veiligheid: Baie Suid-Afrikaners word siek omdat die lug in en om hul huise besoedel is, en omdat hulle nie skoon water het nie. Vroue in plattelandse gebiede ondervind gesondheidsprobleme omdat hulle water en hout oor lang afstande moet dra. Werkers in fabrieke en op plase ondervind gesondheidsprobleme omdat hulle in onveilige toestande werk. Werkers word ook blootgestel aan lug- en waterbesoedeling tuis.


Voedselbeveiliging: Boere gebruik baie chemiese kompos en plaagdoders op hulle plase. Hierdie middels is gevaarlik vir plaaswerkers en mense wat in plattelandse gebiede bly. Baie middels is nadelig vir die grond.

Wetenskaplikes meng wilde plante met die plante wat boere gebruik om oeste te kweek, wat droogte- en siektebestand is. Om in staat te wees om in die toekoms genoeg voedsel vir alle Suid-Afrikaners te produseer, moet ons baie verskillende soorte wilde plante beskerm. Wetenskaplikes kan hulle gebruik om beter oeste te verbou. Ons moet die gebiede beskerm waar hierdie plante groei. Ons moet ook die there beskerm wat tussen hierdie plante leef.


Die verkoop van ons produkte aan ander lande: In die verlede kon ons Suid-Afrikaanse produkte goedkoop verkoop, want nywerhede was nie verplig om vir die beskerming van die omgewing te betaal nie. Ander lande is nie gelukkig met die toedrag van sake nie. Hulle wil nie goedere koop wat op s 'n wyse vervaardig is dat dit skade aan die omgewing aangerig het nie. Om ons in staat te stel om ons produkte aan ander lande te verkoop, moet ons skoner metodes vind om dit te vervaardig. Nywerhede wat die omgewing besoedel moet betaal om dit op te ruim. Dit word die 'besoedelaar moet betaal" beginsel genoem.

Geld vir ontwikkeling: Suid-Afrika het ander lande nodig om geld in die land te bel om meer werksgeleenthede te skep. Hierdie mense wil hul geld in nywerhede bel wat nie die omgewing beskadig nie. Skoon nywerhede is dikwels baie suksesvol, want hulle verkwis nie die bronne nie. Hulle het goeie gesondheids-, en veiligheidrekords vir hulle werkers. Meer en beter werksgeleenthede kan geskep word deur 'n skoon omgewing na te streef.


Parke en natuurlike gebiede: Elkeen het die reg om die natuur te geniet. Dit is belangrik om wilde diere en die plekke waar hulle leef, te bewaar. Maar die omgewing beheis meer as net natuurreservate. Dit sluit ook die lewenskwaliteit in dorpe en stede in. Dit gaan oor die koelte van bome, 'n plek vir kinders om te speel en vir ou mense om te sit en te onthou. Dit gaan oor 'parke vir mense" en tuine waar mense gewasse kan kweek. Ons het parke nodig om stede gesond te maak.


Natuurbewaring: Suid-Afrika het baie parke waar wilde plante en diere beskerm word. Maar daar is meer plekke wat beskerm moet word. In die verlede is sekere mense aan gedwonge verskuiwing onderwerp om hierdie parke te skep. Die plaaslke inwoners het nie werk of geld van die parke ontvang nie. Hulle is nie toegelaat om die natuurlike bronne in die parke te gebruik nie.


Parke en natuurreservate kan werk skep vir piaaslke mense. Hulle kan plaaslike mense van 'n plek voorsien om kunshandwerk ("arts en crafts") te verkoop. Plattelandse mense kan plekke bou waar toeriste kan tuisgaan. Plattelandse gemeenskappe moet deelneem aan die bestuur van die natuurreservate langs hulle.


Versorging van ons kinders: Die apartheidsregering het versuim om te verseker dat natuurlike bronne vir ons kinders behoue bly. Ons moet s leef dat daar steeds natuurlike bronne oor is wat mense in die toekoms kan gebruik. Ons moet seker maak dat natuurlike hulpbronne tans deur alle Suid-Afrikaners gedeel word. Ons moet ook seker maak dat daar genoeg is vir toekomstige geslagte.

---------------------------------------------------------------------

Back to Table of Contents


